Uppies Netbal gaan Maandag en Dinsdag die 3de en 4de Oktober aan die Nasionale Skole Fast5 byeenkoms in Boksburg deelneem.

Die formaat van hierdie toernooi is dat spanne slegs uit 5 speelsters bestaan,hulle speel dus sonder n AV en n VV, en dit sorg vir vinnige opwindende netbal waar daar ook van n “powerplay” gebruik gemaak word soos by die Universiteits netbal.

Hierdie span word afgerig deur Mev Esterhuizen en Mev Kotzé gaan saam as hulle skeidsregter.

Die dogters is ongelooflik opgewonde en ons wens hulle alle sterkte toe vir die toernooi.

Op die foto bo van links na regs:

Di-Marie Visser, Lara-Mari Geldenhuys, Lorraine Groenewald, Beryl Ndhlovu, Liché Prinsloo, Cleo Minnaar, Janice Avenant, Berna Kilian

 

Become a Sponsor