Hoërskool Upington het hierdie jaar hulle 2de Uppies Mini Krieketfees vir 0/13 seuns op 20 Augustus 2016 aangebied.
Op die dag het 6 laerskool spanne aan die vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Op Die Voorpos A-span, Oranje-Noord A-span, Seodine A-span en Kathu A en B-span.
Elke span het 3 wedstryde gespeel tydens die fees, twee T20 boulbeurt wedstryde wat deur die dag plaasgevind het en een 10 boulbeurt aandwedstryd waarna al die seuns altyd uitsien omdat hulle onder lig krieket in die aand kan speel. Die spelers het die dag en aand baie geniet en gewys waartoe hulle in staat is. Daar is ook pryse oorhandig aan die beste bouler, kolwer en veldwerker onderskeidelik.
McDonalds, wat een van ons borge is van die dag het ook die kinders weer bederf, met `n heerlike McDonalds ete en hempies waarvoor geen laerskool kind nee kan sê nie.
Just Plastic het weer die jaar al die afrigters bederf met `n baie mooi baadjie waaroor die afrigters gaande was en nie oor kon ophou praat nie. Just Plastic se borge het ook vir ons tydens die aandwedstryde as skeidsregters opgetree, wat die gees ekstra lekker gemaak het vir al die afrigters omdat hulle net agteroor kon sit en mooi krieket kon geniet saam die ander afrigters onder hul gazebo.
Dit was n groot sukses en almal het dit gate uit geniet. Die braaivleisvure het hoog gebrand saam met goeie vriendskappe tussen die ouers en afrigters.
Uppies het dit baie waardeer om die laerskole hier te kon hê en sodoende te kan help met die groei van krieket hier op ons platteland.
Hoërskool Upington bedank vir Riaan van Niekerk van McDonalds en Ruan Lombaard en AW Duvenhage van Just Plastic wat die dag geborg het. Baie dankie vir julle betrokkenheid by Hoërskool Upington en dan spesifiek ook by krieket. Dit word opreg waardeer.
Foto bo: Borge van die dag
AW Duvenhage en Ruan Lombaard van Just Plastic en Riaan van Niekerk van McDonalds
Become a Sponsor