Hoërskool Upington het Vrydag, 4 November 2016, teen Hoërskool Duineveld in die finaal van die T 20 streekskompetisie gespeel.Duineveld is eerste ingestuur om te gaan kolf. Uppies het met ‘n baie professionele houding veldwerk gedoen. Elke bal wat geboul is is met presisie afgestuur  terwyl die veldwerk uit die boonste rakke was. Uppies het Duineveld beperk tot 57 lopies.  Benré Engelbrecht en Nakkie Duvenhage het elk 3 paaltjies geneem. Henco Kotze en Mason Zacharia het elk 2 paaltjies laat kantel.

Uppies se kolfwerk was net soos die boulwerk, uitstekend. Nakkie Duvenhage en Dian Kapp bou ‘n goeie vennootskap van die begin af op en Uppies teken die wenlopies in die 7de boulbeurt aan.

Uppies se 1ste span neem aan die T 20 uitspele volgende jaar in Kimberley deel, waar hul teen gedugte spanne gaan deelneem.

Die span het baie hard gewerk gedurende die seisoen en hulle pluk die vrugte daarvan.

Op die foto bo:

Voor: Lemley Mulder; Dian Kapp, Mason Zacharia, Steven Smith, Bobby Duvenhage

Agter: J Swanepoel (Organiseerder); Nakkie Duvenhage; Giovanni Lategan; Lee-Charm van Wyk; Benré Engelbrecht; Henco Kotze; Hurter Kirstein; Ian Erasmus

 

Become a Sponsor