Groblershoop krieketklub het na Upington Hoërskool gereis vir hul 40-beurt wedstryd teen Uppies.
Uppies word ingestuur om te kolf. Die lopies het aanvanklik stadig aangekom en met vasberade boulwerk het Groblershoop die eerste paaltjie laat kantel. Daar besluit Nakkie Duvenhage van Uppies dat die tempo aansienlik verhoog moet raak en met baie goeie besluitneming jag hy die lopie tempo aansienlik op en behaal 89 lopies. Die res van Uppies se klowers dra elkeen goed by tot die totaal asook Ian Erasmus wat in sy debut wedstryd speel. Ian en Benré Engelbrecht moker die laaste paar beurte verwete om die lopie telling op te jag na 209.
Groblershoop gaan kolf en Uppies prober deur hul openingspaar breek maar hul staan vas vir amper 15 beurte voor die eerste paaltjie kantel. Alles word na die kolwers se kant gestuur, vinnige, stadige, draai en swaaiballe. Uitstekende houe word deur Groblershoop gespeel om die totaal na te jag maar ongelukkig is die aanval van Uppies net te sterk om werklik aan die gang te kom. Nakkie Duvenhage kry 4 paaltjies in 8 beurte en staan baie min lopies af.
Nakkie is ook die speler van die wedstryd.
Uppies wen die wedstryd met 100 lopies, maar wat eintlik geseëvier het, was sportmangees .
Op die foto bo:
Voor: Bobby Duvenhage; Steven Smith; Mason Zacharia; Ra Meintjies (Afrigter)
Agter: Jacques Swanepoel (Organiseerder); Nakkie Duvenhage; Dian Kapp; HencoKotze; Benré Engelbrecht; Hurter Kirstein; Giovanni Lategan; Johannes du Plessis (Afrigter); Ian Erasmus
Become a Sponsor