[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]
Die jaar 2017 sal onthou word vir die feit dat ALLE spanne teen HHH gewen het.
Die eerste span het met 195 lopies teen HHH geseëvier wat baie ongewoon vir ‘n interskole is. HS Strand het eerste gekolf en ‘n skitterende 281 lopies vir 7 paaltjies aangeteken. Quinton van Geems het ‘n skitterende 85 lopies aangeteken en is baie goed deur George du Toit ondersteun wat 44 lopies aangeteken het. Teen die einde van die kolfbeurt het Danico Maré ‘n briljante 46 nie uit nie aangeteken.
As gevolg van baie akkurate boulwerk is HHH tot slegs 85 lopies beperk. Die Strand se veldwerk was ook uitstekend en gevolglik is twee van HHH se kolwers uitgehardloop.
Die O/19 B-span het met 106 lopies gewen. Jarred Verwey het ‘n skitterende 58 lopies aangeteken en Liam Martin het hom met 44 lopies nie uit nie ondersteun. Die Strand het 168 lopies aangeteken en HHH is tot 62 lopies beperk.
Die O/15A – span het self skitterend gekolf en 177 lopies aangeteken.Henco Stofberg het ‘n uitstekende 100 lopies aangeteken en daarna 4 paaltjies platgetrek – voorwaar ‘n uitstekende veelsydige vertoning.HHH is tot slegs 82 lopies beperk.
Die O/15B – span het ‘n baie goeie 168 lopies aangeteken. Monrique Cupido het met 4 paaltjies vir 8 lopies geskitter. Gevolglik is HHH tot slegs 61 lopies beperk.
Die O/14A – span het ‘n goeie 149 lopies aangeteken en HHH tot slegs 79 lopies beperk. Die Strand seëvier dus met 70 lopies.
Saterdag 4 Maart 2017 is die elektroniese telbord wat deur King Pie en die krieketouers van 2016 geborg is,ingewy. Dit is beslis ‘n mylpaal in die Strand se krieketgeskiedenis.
Sulke gebare van welwillendheid word altyd waardeer.
[/et_pb_text][et_pb_image admin_label=”Image” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/03/krieketverslag-HS-Strand.jpg” alt=”HS Strand – KRIEKETINTERSKOLE 2017″ title_text=”HS Strand – KRIEKETINTERSKOLE 2017″ show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]
Become a Sponsor