Die Coca-Cola T20 School Challenge kompetisie het begin in Oktober 2016 en oorgegaan in die nuwe jaar met die nasionale finale wat in Maart gespeel is. Dit behels dat elke streek in hul plaaslike liga ‘n hoeveelheid wedstryde speel om te bepaal watter skole mekaar die stryd moet aansê tydens die Semi-Finaal van die provinsie.

W1: PHS vs Mitchell House (2016).  Mitchell House kolf eerste en teken 96/3 aan in hul 20 beurte. PHS wen die wedstryd met 9 paaltjies.

W2: PHS vs Northern Academy (2016).  PHS kolf eerste en teken 223/1 aan in 20 beurte. PHS wen met 169 lopies.

W3: PHS vs Bochum Cricket Club (2017). PHS kolf eerste en teken 233/3 aan in 20 beurte. PHS wen die wedstryd met 174 lopies.

W4: PHS vs Mahwelereng Cricket Club (2017). Mahwelereng kolf eerste en teken 29 lopies aan (almal uit). PHS teken die nodige lopies aan, 30/1 en wen die wedstryd met 9 paaltjies.

W5: PHS vs Maligale (2017).  Hulle kon nie die wedstryd speel nie – punte gestuur.

W6: PHS vs Heuwelkruin (2017). Hulle kon nie die wedstryd speel nie – punte gestuur.

W7: PHS vs Stanford (2017). PHS kolf eerste en teken 184/2 aan in 20 beurte. PHS wen die wedstryd met 79 lopies

Semi-finaal teen Merensky (Feb 2017).  PHS kolf eerste en teken 109/8 aan in 20 beurte. PHS wen die wedstryd met 25 lopies.

Finaal teen Ben Vorster (28 Feb 2017). PHS kolf eerste en teken 141/6 aan in 20 beurte. PHS wen die wedstryd met 54 lopies.

PHS se Eerstespan Krieket wen ook ‘n kontantprys van R33 000.

Baie geluk aan die Krieketmanne!

Become a Sponsor